Tussen die lyne
(Musiek en liriek: MD Greyling en Reino Boshoff)

Hy vat die pad na nêrens heen.
Wonder wat hy hier kom maak as hy
so gou weer wil gaan.
Want dis mos waar hy eintlik hoort.
Hier vind hy sy eie soort
in die oggend as dit stilraak.

Alleen is hy, sy hart wil praat waar hy gaan,
want dis mos al woorde wat hy verstaan.

    Ek vra jou weer om my te kom haal.
    Tussen die lyne van Afrika,
    iewers ver langs, op ‘n grondpad,
    wag vir my.

 Ek vra jou weer om my te kom haal.
    Tussen die lyne van Afrika,
    iewers ver langs, op ‘n grondpad,
    wag vir my,
    want ek weet jy sal my kry,
   ek weet jy sal my kry.

Vat my hand en lei my weer,
lei my teen die N1 af
dat ek weer kan kom.
Want dit is mos my laaste hoop
vir jou en my om saam te loop
in die oggend as dit stilraak.

En al vra jy my om saam te ry waar ek gaan,
want dis mos al woorde wat jy verstaan.

Ek vra jou weer om my te kom haal.
    Tussen die lyne van Afrika,
    iewers ver langs, op ‘n grondpad,
    wag vir my.

Ek vra jou weer om my te kom haal.
    Tussen die lyne van Afrika,
    iewers ver langs, op ‘n grondpad,
    wag vir my,
    want ek weet jy sal my kry.
Ek vra jou weer om my te kom haal.
    Tussen die lyne van Afrika,
    iewers ver langs, op ‘n grondpad,
    wag vir my,want ek weet jy gaan my kry.

BACK