Suikerbos

 Suikerbos ek wil jou hê
 My suikerbos ek wil jou hê
 Suikerbos ek wil jou hê maar ek wonder of ek dit ooit vir jou gaan sê
 Want jy sien ek’s mos eintlik ʼn bietjie skaam
 En ek bloos my vrek by die aanhoor van jou naam
 Ek moes al veel verloor het omdat ek so skaam is
 Nou sien ek vir jou en Francois heeldag saam

Hy kan nie Frans praat nie hy lieg vir jou
Hy’t selfs sy taalkunde in matriek verbrou
Hy kan nie handdruk nie sy greep is te flou
Ek sien hom deesdae veels te veel by jou

Hy’t nie ʼn plaas nie vrou hy lieg vir jou
Hy speel nie rugby nie want hy kneus te gou
Die wêreld weet wat voer hy in die mou
Ek sien hom deesdae veels te veel by jou

Daai bloedrooi sportmotor behoort aan sy pa
En voor hy uitgaan saans vra hy eers sy ma
Hy speel toneel en dit wat my pla
Jy gaan toe wraggies heen en sê toe ja

Musiek: Trad/Lucas Maree
Liriek: Lucas Maree
 

BACK