Strate van jou lyf
(Musiek en liriek: M.D. Greyling)

Ek was mos al my lewe lank
op die aarde vasgevang.
En ek dink die tyd het aangebreek om in jou
hartkamer in te trek met
al my bagasie wat ‘n ton moet weeg.
Kom en sak en as en sak en pak en kom klop ek aan jou deur.

Want ek is bang vir die donker
en ek sukkel om te slaap.
Daar is spoke wat in my kop ronddwaal
en my allerhande strooi vertel
van wie ek eintlik is en wat ek eintlik doen.
Nou bly ek eerder wakker, want die middernag se koue
maak my swakker.
 
In die eenvoud van jou naam,
 op die rand van elke afgrond
 is daar elke dag ‘n nuwe maan wat opkom as jy praat.
 En jou woorde klink soos reën
 deur die strate van jou lyf.
 Ja, daar’s elke dag ‘n nuwe maan wat op jou kom skyn.

Dit is heeltemal te laat
om van alles te vergeet.
Die foute word al groter en die sirkel
word al klaar gebreek.
Daar’s meer as een ding wat my pla, maar maak dit regtig saak?
As ek en jy die langpad vat
wat word van alles wat ons het?

In die eenvoud van jou naam,
 op die rand van elke afgrond
 is daar elke dag ‘n nuwe maan wat opkom as jy praat.
 En jou woorde klink soos reën
 deur die strate van jou lyf.
 Ja, daar’s elke dag ‘n nuwe maan wat op jou kom skyn.x2

BACK