Sort jouself uit
(Musiek en liriek: M.D. Greyling)

Al die stories is te veel
want ‘n duisend myl klink ver.
Ons is dalk nie meer aan die einde
van die nuwe jaar se begin.
Ons groet mekaar, dan kyk jy weg.
En alles wat nice is, is vir ons albei sleg.
En daar is woorde, om die trane in jou hart,
bietjie warm te maak.

 Sort jouself uit baby,
  Want die nuwe jaar is amper verby
 en daar is dinge wat gedoen moet word
 maar jy draai net jou rug.
        Ons kan weer probeer want ek is altyd daar.
 So sort jouself uit my ding.
 Sort jouself uit my ding!

Wanneer kom jy kuier?
Wanneer kom jy terug?
Is dit genuine so lekker
in ‘n ander land as hier?
Is dit jou local uithangplek?
En waar jy almal op die regte plek hou,
maar kyk uit my ding.
Want ons is te veel, te veel vir hierdie land.

 Sort jouself uit baby,
 want die nuwe jaar is amper verby
 en daar is dinge wat gedoen moet word
 maar jy draai net jou rug.
        Ons kan weer probeer want ek is altyd daar.
 
 Oh, sort jouself uit baby,
 want die nuwe jaar is amper verby
 en daar is dinge wat gedoen moet word
 maar jy draai net jou rug.
        Ons kan weer probeer want ek is altyd daar.

BACK