Môre-aand

(Musiek en liriek: M.D. Greyling) 

 

Ek onthou nog daai aand: 

Dit voel soos gister wat ons 

laat gekuier het lank na twaalf. 

 

Gepraat oor die weer, 

oor jonkwees, want dis lekker. 

Die tyd het geloop, maar die aand was  

nog lank nie klaar. 

                         

            Ons drink ‘n glasie rooiwyn saam 

en vergeet dat jy moet huistoe gaan.  

            En as jy wil, dan bring ek weer die skemer terug, 

            want ons kan kuier ná die middernag 

            en vir die son in die ooste wag. 

            En as jy wil, maak     

            ons môre-aand weer so. 

 

Ons sit om die vuur. 

Nou sit ons in ‘n donkermaan. 

En ons dink, ons dink weer terug 

aan ons jonger, ons jonger bloed. 

 

            Ons drink ‘n glasie rooiwyn saam 

en vergeet dat jy moet huistoe gaan.  

            En as jy wil, dan bring ek weer die skemer terug, 

            want ons kan kuier ná die middernag 

            en vir die son in die ooste wag. 

            En as jy wil, maak     

            ons môre-aand weer so. 

             

Ek ken jou al lankal 

en ek verstaan jou elke uur. 

Maar as ek praat, dan luister jy 

na wat ek sê. 

                         

Ons drink ‘n glasie rooiwyn saam 

en vergeet dat jy moet huistoe gaan.  

            En as jy wil, dan bring ek weer die skemer terug, 

            want ons kan kuier ná die middernag 

            en vir die son in die ooste wag. 

            En as jy wil, maak     

            ons môre-aand weer so. 

BACK