Langstraat
Gister was jy my vriend gewees, toe moes ek in ʼn
dagblad lees
Jy’t my skoonfamilie sleggesê en jy wil al my spaargeld ook nog hê
Jou vierde vrou het jou sopas verlaat jy wil nou nooit weer oor haar
praat
Dik gerook van die goedkoop zol sit en stuur jy e-posse die wêreld
vol
O moenie huil nie o moenie ween nie
O moenie dink jy is die enigste een nie
Jy was nooit rêrig alleen nie
Jy was nog nooit in Langstraat as dit reën nie
As dit reën nie
Jy dink mos jy’t vreeslik seer gekry jy glo jy’s al
ou wat so ly
Maar ek het nuus vir jou vanaand ou maat die hele wêreld suffer in ʼn
doodloopstraat
Daar is orals moord en oorlog in die nag daar is commuters wat vir treine
wag
Ken jy die hongersnood in Bangladesj weet jy van mense wat in karre
crash
Jy’t my een keer te veel teleurgestel ek sal nooit
weer jou plaaslyn bel
Die kampvuur lê vol koue as daar’s dooie kole waar ons vriendskap
was
Die lig is nie net 1 soort blou nie die heelal draai
nie net om jou nie
More is weer nog ʼn dag jy het verniet gedink
Jy gaan laaste lag
Musiek: Koos Kombuis
Liriek: Koos Kombuis
Uitgewer: Shifty Records
BACK
|