Jy sê

Op ʼn donker aand in Juniemaand
Deur die strate vol gevare loop ek hier
Dis ʼn vreemde pad in ʼn vreemde stad
En die bedelaars pla my elke uur
Jy staan hier en ek staan daar
Ek wonder wat is die kans dat ek by jou ʼn draai kan maak
Jy bly hier en ek bly daar
Ek wonder wat is die kans dat ek by jou ʼn draai kan maak

 Jy sê jy laat my verstaan
 In ʼn donker gang raak ek bang
 Jy sê jy weet hoe ek voel oor jou
 Maar my woorde maak jou blou
 In hierdie strate van jou

Daar’s ʼn coffee shop om jou huis se hoek
Waar studente en die musikante werk soek
Met ʼn restaurant aan die anderkant
En ʼn waiter wat opsoek is na jou
Jy staan hier en ek staan daar
Ek wonder wat is die kans dat ek by jou ʼn draai kan maak
Jy bly hier en ek bly daar
Ek wonder wat is die kans dat ek by jou ʼn draai kan maak

Musiek: MD Greyling
Liriek: MD Greyling
Uitgewer: SAMRO/Sting Music

BACK