Jo’burg girl
(Musiek en liriek: M.D.
Greyling)
Tussen vensterrame en deurkoesyne van
goud,
lê die nagwagte en
kyk.
Agter donker tralies en trane van
beton,
op die corners van die
straat.
Dan word die rook alweer
geblus,
en die trane kry ‘n ander
kleur
as die melkweg, oor jou vensterraam kom
skyn.
Want jy’s
mos nou ‘n Jo’burg girl
van Sunnyside se breakfast grill
in Pretoria.
Om vir ‘n
traan te lag en bittermin
stilstaan
elke dag, vir iets wat jy
verlang.
Dis ‘n goed versorgde ouerhuis, in ‘n
dorp
wat weet van swaarkry, meer as wat
jy kan sê.
En jou vriende bly die hele land
vol,
en jy het mense wat in jou
glo.
As die wintermaande
kom,
dan word die deure van die huis
gesluit
en die wêreld, word ‘n prentjie deur jou
vensterruit.
Want jy’s mos nou ‘n Jo’burg
girl
van Sunnyside se breakfast grill in
Pretoria.
Om vir ‘n
traan te lag en bittermin
stilstaan
elke dag, vir iets wat jy
verlang.
O, jy’s mos nou ‘n Jo’burg
girl
van Sunnyside se breakfast grill in
Pretoria.
Om vir ‘n
traan te lag en bittermin
stilstaan
elke dag, vir iets wat jy
verlang.