Hoe lank
nog
Hoe lank nog voor die water oor die
stormsee bedaar
Hoe lank nog voor die winde gaan lê
Vergeet van my as jou donkiekar in die grondpad
verdwyn
Dis ʼn duisend myl na wie weet waar dis ʼn duisend myl na
my
Hoe lank nog voor die reën uit sy
eie kom en gaan
Hoe lank nog voor die winde gaan lê
Herinner net jou pa dat ons gaan jag het op sy
plaas
Vertel vir hom van Andries hy’s nog steeds sy eie
baas
Dis waar die duisend myle
reguit raak
En die Klein Karoo bedaar
Ry jy deur die Outeniquaberg
Tot jy Mosselbaai gewaar
En as jou donkies by die water rus
Kry ʼn poskaart in jou hand
En skryf ʼn nota vanaf Cloetepas
Wat sê jy’s veilig anderkant
Hoeveel keer gaan jy nog deur die
warrelwinde staan
Hoeveel keer gaan die aarde nog draai
Onthou my weer as jou donkiekar in die grondpad
verskyn
Elke dag bly die liefde by my
En as ek jou vra watter
rigting jy gaan
Word die Noorde die Suide
Van jou wentelbaan
En Tafelberg se afgrond word dieper as jy
En so draai ons dan nou
Ja so draai die wêreld nou
Musiek: MD
Greyling
Liriek: MD Greyling
Uitgewer: SAMRO/Sting Music