Eenvoudig
(Musiek en liriek: M.D. Greyling)

As jy kry wat jy wil hê,
dit maak nie saak nie.
En as jou oë vir my vertel wat jy wil sê,
as jy vat wat ek kan gee,
dis nie dieselfde nie,
maar in jou hart is daar ‘n skoen vir elke tree.

Ons is almal al daar.
 Ons is almal mekaar se vrees.
 Om weer op te staan en terug te kyk, ek weet.
 Maar moenie worry nie, dis eintlik te eenvoudig
om in ‘n brief vir jou te skryf.

As jy glo wat jy wil glo,
ons verander nooit nie.
Want ons is tog wie ons is tot die laaste sê.
Vat die pad wat jy wil vat tot waar hy doodloop
en kom dan terug as jy die laaste keer my bel.

Ons is almal al daar.
 Ons is almal mekaar se vrees.
 Om weer op te staan en terug te kyk, ek weet.
 Maar moenie worry nie, dis eintlik te eenvoudig
om in ‘n brief vir jou te skryf.

Maar as jy vat, dit wat ek jou kan gee,
ek weet dit bly nie dieselfde nie.
En in jou hart is daar elke dag
‘n skoen vir elke tree.

Ons is almal al daar.
 Ons is almal mekaar se vrees.
 Om weer op te staan en terug te kyk, ek weet.
 Maar moenie worry nie, dis eintlik te eenvoudig
om in ‘n brief vir jou te skryf.x2

BACK