Duisend Bottels

ʼn Duisend bottels op die muur
Een daar gesit vir elke uur
ʼn Duisend pleisters opgeplak
Vir elke gat hier in my hart

Soos Hompie Kedompie het ek afgeval
My hart gebreek en my nerf afgeval vir jou

 Sê my sal jy myne wees
 Sê my sal jy myne wees

Sê my sal jy myne wees
Met jou hele hart en jou hele vlees
ʼn Honderd foto’s opgehang
Blomme gekoop om jou te vang

Kupido se pyl is dwarsdeur my hart
Kyk hoe bloei hy dis al ʼn liter en ʼn kwart

Belowe ek sal by jou staan
Waar jy ook al kom of gaan

Soos Elvis sal ek vir jou sing
As jy jou hart en jou klere vir my bring

Musiek: Anton Myburgh
Liriek: Anton Myburgh
Uitgewer: Anton Myburgh/Select Musiek

BACK