Droomkasteel
(Musiek en
liriek: M.D. Greyling)
Die wêreld is jou speelplek, en
jy’s oral bekend
as iemand op die maan,
wat skyn hier oor ons aardbol.
Dis ‘n goue belofte, wat jy lankal gemaak het:
om ons almal weer terug te sit
op die plekke waar ons hoort.
Is jy dalk die vrou wat spook in
my Droomkasteel,
wat laat in die aande deur my venster
kruip?
Is jy dalk die vrou wat my hart kom haal het in my
slaap?
Sê my net ‘n laaste ding voor jy gaan:
waar kom jy vandaan?
In die koerant op elke
straathoek, tot laat in die nag
staan dit groot geskryf in hoofletters:
WEES BEDAG!
As iemand haar gesien het, kom sê my asseblief
tog,
want sy maak my deurmekaar
en sy mors met my kop.
Is jy dalk die vrou wat spook in
my Droomkasteel,
wat laat in die aande deur my venster
kruip?
Is jy dalk die vrou wat my hart kom haal het in my
slaap?
Sê my net ‘n laaste ding voor jy gaan:
waar kom jy vandaan?
Nou staan ek by jou voordeur, ag,
maak tog net oop!
Ek wil jou net ‘n vraag vra
en dan sal ek weer loop.
Ek weet dit is laat en my buurman is kwaad,
want dis hy wat nou moet wagstaan
vir al die onraad.
Is jy dalk die vrou wat
spook in my Droomkasteel,
wat laat in die aande deur my venster
kruip?
Is jy dalk die vrou wat my hart kom haal het in my
slaap?
Sê my net ‘n laaste ding voor jy gaan:
Waar kom jy vandaan,
my eie Droomkasteelgeheim?