Donker geheime
(Musiek en liriek: M.D. Greyling)

Ja, sy roep my met haar swart lang hare,
en dan verruil ons ons donker geheime.
Sy’s die mooste ding in my kop.
Dit was die laaste keer wat ek jou gesien het.

Sy steek haar naam weg
 en hou dit geheim.
 Dis al wat fout is met daai girl van my.
 Dit pas haar sak en dit hou haar veilig.
   Dit hou haar weg van die lawaai.

En ek, ek bly nou maar sit,
want die engele om ons maak my klaar.
Ja, jy roep my,
jy roep my al weer.
Dis daai lang swart hare van jou wat my kop laat draai.

Sy steek haar naam weg
 en hou dit geheim.
 Dis al wat fout is met daai girl van my.
 Dit pas haar sak en dit hou haar veilig.
   Dit hou haar weg van die lawaai.

Kyk op, en hou vas as die vure draai.
Wees reg en wees weg, ek kry jou daar.
Kyk op en hou vas as die vure draai.
Wees reg en wees weg, ek kry jou daar.

Sy steek haar naam weg
 en hou dit geheim.
 Dis al wat fout is met daai girl van my.
 Dit pas haar sak en dit hou haar veilig.
   Dit hou haar weg van die lawaai.

BACK