Diep in die
somernag
Ek wens ek was al lankal reeds ʼn
movie star
Sodat ek af kan vat en heel aand na die sterre
staar
Maar ek’s vasgevang in die stad en op ʼn
gruispad
En die rustigheid van daar bly is net ʼn
droom
Diep in die
somernag
Lê daar ʼn kans en wag
Om hierdie gedig van my nog een keer te
herhaal
Diep in die somernag
Lê daar ʼn kans en wag
Om hierdie gedig van my nog en keer te
herhaal
Ek wens ek kan nog steeds in die
ou Transvaal bly
En vakansie hou op Nylstroom of Naboomspruit
Tshwane en Lephalale is nog vreemd vir my
Hierdie nuwe name is iets wat ek nie aan vat kan
kry
Hoor jy nog die son sak oor die
Waterberg
As die hardekool se knetter die nag se stilte
terg
Maar ek’s vasgevang in die stad en op ʼn
gruispad
Ja die rustigheid van daar bly is net ʼn
droom