Die Skoene moet jy
dra
Al die paaie wat jy
loop
Al die draaie wat jy stap
Al die strikke wat jy aftrap
Al die grond wat jy koop
Gaan sit in jou knieƫ
En die klere aan jou lyf
En klou aan jou tree
En trek jou rieme styf
Al is jou spore
vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Al die spoke wat jou
jaag
Al die spore wat jy trap
Elke keer wat jy ontsnap
Elke hek wat jou vertraag
Skiet wortel in jou bloed
En rank tot in jou vuis
En kleef aan elke voet
Wat jou dra tot by die huis
Jou verlede klou
verbete
Aan die veters van jou gewete
Jou verlede klou verbete
Aan die veters van jou
gewete
Musiek:
Valiant Swart
Liriek: Valiant Swart
Uitgewer: Wildebeest Records