Die Sewe
af
(Musiek: Gerrit van der Merwe, liriek:
Jan Scholtz)
Daar’s ‘n trein deur die nag van
Noupoort af,
gooi sy spooklig deur die maanlig waar die jakkals
blaf.
Oor die dongas en die gannas en die skadu’s
blaas,
tussen cutting en die brûe en teen koppies
af.
Die kantien gooi sy ligstraal
deur die donker glas
en ‘n man drink sy sjerrie wyl die fluit skel
kras.
Daar’s ‘n hoer wat haar flikkers gooi van veraf
af,
maar die man kan nie hoor nie, want sy siel is
gras.
Dis die storie van die spook wat
in nagte loop,
wat trane doop in sy bitter stroop.
Die man sluk sy dop en sy siel verdrink
en die einde kom nader soos die spook hom
wink.
Daar’s ‘n graf op die stasie by
Witputspas
en verkluim van die koue sit ‘n man met sy
glas.
Die wind waai sy jas teen sy kuite vas
en as die trein verby is, bly daar net sy
as.
Dis die Sewe af na De Aar en
terug,
wat pomp en stamp na die Heksebrug
waar die wolwe tjank en die engele wag
om jou gees te dra na die duister graf.
Deur die nag spoed die trein,
dan’s hy skielik weg.
En die son verrys en die mis hang laag.
Die spook verdwyn en die engele vlug
en alleen op die vlaktes staan die
Heksebrug.
Dis die Sewe af na De Aar en
terug,
wat pomp en stamp na die Heksebrug
waar die wolwe tjank en die engele wag
om jou gees te dra na die duister graf.
X2