Boemelaar
(Musiek en liriek: M.D. Greyling)
In ‘n vêr, droë land van
Namakwaland,
op ‘n afgeleë plaas,
bly ‘n man wat wag vir die son se sak
om ‘n bottel wyn te knak.
Want dis al wat hy ken en dis al wat hy doen
vir die laaste 30 jaar.
Die werk is skaars en die ure min
en die dae gaan maar swaar.
Sy kitaar het net nog een snaar
oor,
want die winkels is te ver.
En die pad wat na die dorp toe loop,
is ‘n vreemde, lang figuur.
Hy droom hy’s dalk die nuwe snaar op RSG dié
week.
En hy droom hy’s op die voorblad van die Huisgenoot of
Beeld.
La da da la da
da………………
Elke aand se storie dra
dieselfde ou verhaal en
elke aand se rykdom is ‘n sprokie wat herhaal.
Want hy’s afgesluit en hy’s weggegooi
op sy eiland vêr van hier.
Maar hy kuier soms na middernag op my agterplaas se
muur
en dan vertel hy my van dinge wat hy eintlik graag wil
sien.
En hy vra my vrae oor gister,
en of hy dit als verdien.
Die jare het al oud geword vir die mense wat hom ken
en
hy is elke ou se rolmodel, want hy veg nog tot hy
wen.
La da da la da
da………………
Gisteraand se reën het weer die
telefoon afgesny.
Ja, gisteraand se reën was koud.
Hy’s ‘n boemelaar ver weggesteek,
maar ‘n boemelaar met ‘n hart van goud.
La da da la da
da………………