MD se musiek word tans op 28 radiostasies gespeellys – en dit sluit die grotes soos RSG, Jakaranda en OFM ens..

MD tree reeds al vir langer as 9 jaar op in verskeie venues in Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Rustenburg, Secunda, Bronkhortspruit, Hoedspruit en vele ander, omtrent die hele land vol. Die feit dat MD herhaaldelik teruggenooi word na hierdie venues bewys dat sy optredes gewild en suksesvol is vir beide die organiseerder asook vir die gehoor.

Die show bestaan uit oorspronklike liedjies vanaf sy ‘Droomkasteel’ album asook sy album ‘Binne my’, selektief aangevul deur gewilde covers (soos bepaal deur die geleentheid) waarmee mense graag assosieer. Die show bestaan uit ‘n variasie van Afrikaanse en Engelse liedjies. Daar word deurentyd ‘n gepaste atmosfeer aangehits. Hierdie beproefde resep waarborg ‘n geleentheid van uitsonderlike goeie musiekvermaak en kwaliteit.


MD Greyling se CD, BINNE MY, is ‘n kragtoer van talent deur die Pretorianer wat die musiekbedryf gaan oorrompel en ‘n nuwe standaard stel. Toe hy in 2005 as wenner van die RSGroentjie-afdeling van die GMT’s (voorheen die Geraas Musiek Toekennings) aangewys is, was die skrif reeds aan die muur dat die jong man homself as een van die Suid-Afrikaanse Musiekindustrie se groot suksesstories sou vestig.


BINNE MY is ‘n vars, kontemporêre album wat uit 12 uitsonderlike mooi luisterliedere bestaan en met onge-ewenaarde briljantheid aangebied word. Met lirieke deur bekwame skrywers soos Anton Myburgh, Lucas Maree, Valiant Swart en Koos Kombuis, is dit noemenswaardig dat die meeste van die briljante liedjies uit MD se eie pen kom en dit is baie opvallend: hy is ‘n musikant, komponis en liedjieskrywer van formaat.

Sommer met die aanvangsklanke van Duisend Bottels wéét jy dat dit ‘n reuse treffer gaan word. Met vernuf sing hy ‘n gat in jou hart toe. Na elke snit hou jy asem op – en hy stel nie teleur nie. Elke liedjie is besonders en komplimenteer mekaar sodat hierdie werklik ‘n deurluister album is wat jy met trots by elke geleentheid in die speler kan druk. Nie alleen is die CD pure plesier om na te luister nie – dit is ‘n CD wat met sorg saamgestel is en gaan hom sonder twyfel in ‘n klas van sy eie plaas. MD bewys dat hy sedert die aanvang van sy loopbaan aandag geskenk het. Die lesse wat hy geleer het, is positief omskep sodat hy met BINNE MY die beste produk moontlik uitgebring het. Een om met reg op trots te wees.
Dis egter nie net sy onbetwisbare vernuf op BINNE MY wat aan hom ‘n ere-titel in die musiekbedryf gaan besorg nie ... Die bittermooi Alleen sonder jou, wat deur Theuns Jordaan opgeneem is en op sy trefferalbum Tjailatyd verskyn, is deur MD geskryf toe hy maar 16j oud was! Geen wonder dat van ons voorste sangers soos Mathys Roets, Thys die Bosveldklong, Hugo en Quinten Prinsloo toustaan om sy musiek en liriek op te neem nie. Die baie talentvolle man het ook ‘n TV reeks op sy kersfstok: Van die musiek in die TV reeks Amalia is deur hom getoonset en deur Illse Roos gesing.
MD beoefen sy talent met integriteit. Hy speel slim met woorde en vleg ‘n kunstige web wat die luisteraar vasvang en deurlopend geinterresseerd hou. Hy vra nie vir aalmoese nie – hy sorg dat hy ‘n gepaste toonvenster skep om sy vernuf ten toon te stel – en hy doen dit op ‘n beskeie, dog inspirerende wyse. MD se musiek word tans op 28 radiostasies gespeellys – en dit sluit die grotes soos RSG, Jakaranda en OFM ens..

MD Greyling is gewis DIE kunstenaar om dop te hou