Binne my

Binne my is daar ʼn oorlog en soldate wat marsjeer
Binne my is daar ʼn optog van die luiaards en bedrieërs
Binne my staan geboue afgebrand
Maar binne my lê hierdie land

Binne my is daar ʼn plaasboer wat sy trane nie kan keer
Binne my is daar ʼn skoolkind wie jy niks van niks kan leer
Binne my staan geboue afgebrand
Maar binne my lê hierdie land

 En gee my die reënboog terug
 Wat aan jou hemelwese hang
 Gee my die waarheid terug
 Waarna ek so verlang
 
Binne my is daar ʼn lady wat koerant verkoop op straat
Binne my is daar ʼn baby pasgebore uit misdaad
Binne my word ek verwurg net vir ʼn rand
Maar binne my lê hierdie land

 En gee my die reënboog terug
 Wat aan jou hemelwese hang
 Gee my die waarheid terug
 Waarna ek so verlang
 Gee my die groot geluk
 Wat ek het in jou
 Maar my verlore drome
 Sal ek hier binne-in my hou

 

Musiek: MD Greyling
Liriek: Birgit Barret
Uitgewer: SAMRO/Sting Music

BACK