Alleen sonder jou
(Musiek en liriek:  M.D. Greyling)

Jy’s nie meer hier nie, en ek het gaan slaap.
‘n Beeld van jou gedagtes het my verlaat.
En voor, voor sonop is ek wakker,
nog steeds soos ek verwag,
dag na dag.

Ek voel alleen sonder jou,
   met my hande saamgevou.
        Ja, en weet ek jy’s nie hier nie,
       want tussen ons lyk paaie en verraaiers,
        soms dieselfde.

Ek het verwag dat jy eendag
jou band met my vermy.
Tog moet ons albei seerkry.

Ek voel alleen sonder jou,
   met my hande saamgevou.
        Ja, en weet ek jy’s nie hier nie,
       want tussen ons lyk paaie en verraaiers,
        soms dieselfde.

 

BACK