|
Hi almal!
En daar is Januarie ook al amper verby. Kan dit
wees?
Hierdie jaar het sommer met ’n ‘bang’ afgeskop en ek voorspel ’n goeie jaar.
Alhoewel Januarie maar vir al ons kunstenaars gewoonlik stillerig is, kla ek nie, want ek het
die rustige maand baie nodig om die bedrywigheid van die laaste paar maande vir 2010 bietjie
af te skud. Dit was goed, maar uitputtend.
Ek het Desember saam met Pieter Smith die hele Kaap getoer en was dit nou nie
vir jou lekker nie. Die Kaap bly maar vir my mooi. Die shows was great en so ook die mense.
Dankie, vir almal (Alhoewel die meeste van die konsertgangers maar oorwegend ‘Valies’
was).
My nuwe CD is teen die einde van die maand klaar en die liedjies is werklik
iets om na uit te sien. Dit is iets heeltemal anders as my vorige 2 CD’s, maar ek dink dit
sal goeie aanklank vind by die publiek. Hierdie keer her ek saam met Boet Pretorius en John
Lindemann gewerk. En ek en Bobby Louw het heelwat van die liedjies saam geskryf. Ja,
natuurlik is daar 1 of 2 lekker verrassings. Vir nou verklap ek niks nie, so ‘watch this
space’. Van daar af is dit maar net show en show.
Hierdie maand het ek lekker baie tyd gehad by die huis om heelwat aan my
repertoire vir die shows te skaaf. Daar is heelwat nuwe liedjies en dis vir my lekker, want
ek het bietjie moeg geraak om heeltyd, elke aand dieselfde liedjies te sing. Dis ook ‘n
moeilike situasie, want die shows wat ek doen wissel so baie van corporate funksies,
verjaarsdae, teaters, kroeë ens. so dit is maar ‘’n baie uiteenlopende gehoor. ’n Mens moet
maar probeer om vir almal te ‘cater’. Dit maak dit vir my ook lekker want daar is nou al so
oneindig baie liedjies om te sing vir enige geleentheid.
Hier is sommer iets (hehe, dis miskien maar useless informasie) wat ek eendag
geskryf het vir die wat belangstel:
Kunstenaar vs Sukses
Wat vat dit in vandag se tyd om ‘n suksesvolle kunstenaar te wees in hierdie
land van ons? Wat is suksesvol? Word sukses gemeet aan CD verkope, hoeveel jy verdien per
show, hoeveel mense opdaag vir jou show, hoe hard hulle vir jou handeklap, hoeveel
handtekeninge jy uitdeel of net doodeenvoudig of jy as kunstenaar doen waarvoor jy lief is en
te moer met die res? Laasgenoemde doen die jong rock en roll outjies gewoonlik want hulle is
cool. Dit hou gewoonlik net ‘n jaar of twee want almal raak gatvol vir 2 ‘minute noodles’ en
wanneer die reality strike en nog ‘n einde van die maand nader kom, verander die prentjie
heeltemal.
Die hartseer van die bedryf is dat jou sukses as kunstenaar glad nie afhang
van hoe mooi jy kan sing of hoe talentvol jy is nie, want daar is n k@khuis vol mense daar
buite wat kan sing. Ja dit speel wel ‘n rol, maar later verduidelik ek my standpunt.
Gaan loop in die CD winkels rond en kyk wat is nuut op die rakke en kyk wat
werklik gewerk het en jy sal sien dat die ‘big sellers’ op 2 hande getel kan word. Die ander
2 hande is die ‘medium sellers’ en die res van die kunstenaars sukkel maar voort, want hul
CD’s verkoop nie meer as 5000 nie, wat nie eers n druppel in die emmer is nie. Ek moet bieg
dat ek self nog in die laaste kategorie val. Daarom die vraag, hoekom sal die huisgenoot oor
my skryf, of Die Sondag, of enige ander media medium. Wat de hel gee hulle om of ek in ‘n
strip club die dansers se boyfriends bliksem?
Eers wanneer jy jou merk gemaak het sal hulle oor jou skryf en skinder en
praat. Eers wanneer jy baie CD’s begin verkoop sal hulle belangstel. Vir nou moet iemand
hulle gatte lek vir dit.
Ek vergelyk die musiekbedryf met F1
Motorsport.
Ek verduidelik: Die kunstenaar speel die rol van die drywer wat sy wedren
(loopbaan) in ‘n seker rigting stuur met die doel om te wen. Op F1 vlak is daar nie slegte en
goeie drywers nie, daar is goeie drywers en daar is baaaaaie goeie drywers. Alhoewel meeste
mense dink dat dit ‘n individuele sport is, is dit egter ‘n spansport wat bestaan uit ‘n
klomp slim ouens wat die kar gemaak het en nog slimmer ouens wat die wedren analiseer,
beplan, strategieë bepaal ens. met 1 hoof doel, om die wedren te
wen.
Wanneer AL hierdie komponente saam werk en elke komponent se
span/persoon/individu sy werk goed doen is die kanse op ‘n wen BAIE beter. Die teendeel is
ook waar, wanneer net 1 van hierdie komponente nie saam werk nie sal daar ander spanne wees
wie s’n wel saam werk en hulle gaan op die einde van die dag beter as jy doen. Hulle was
beter voorbereid, en kon beter reageer op probleme en foute en daarom eindig hulle hoër op
die punteleer as jouself en jou eie span. Dis die kort en die lank.
Kom ons trek dit na die musiekbedryf toe.
Net soos wat die sukses van n wen nie net van die drywer afhang nie, so hang
die sukses van ‘n kunstenaar nie net van homself alleen af nie. Daar is die volgende paar (ek
mag dalk nog meer uitgelos het) komponente wat alles in sequence moet
loop.
- Kunstenaar
- Kunstenaar
se materiaal/songs/repertoire
- Platemaatskappy
- PR
- Bemarking
- Publisiteit
- Image
- Live
shows
- Live shows
marketing
- CD’s
- CD
verspreiding
Wanneer al hierdie dinge reg loop en in sequence loop en elke individuele punt
is op standard, sal jy goed doen as kunstenaar. Jy sal beter doen as die res. Die vraag is
wel, wie het hierdie resep vervolmaak en was dit doelbewus of per ongeluk?
Kan dit oor en oor gedoen word en waste rol speel
geluk?
As jy wil hê ek moet dalk in jou dorp kom optree kan jy met
Nadia kontak maak by bookings@mdgreyling.co.za of 076 945 6515. Sy hanteer al my besprekings deesdae en is
baie behulpsaam as dit kom by navrae/advies vir enige
geleentheid.
Voel ook vry om vir my ‘n e-pos te
stuur by mdg@mdgreyling.co.za as jy net lus is vir gesels. Ek antwoord al vir jare elke e-pos en geniet dit
om julle geselsies te hoor.
Dankie vir die ondersteuning! As dit nie vir julle is nie kan ek nie doen
waarvoor ek lief is nie.
Groete (Jammer, vir die lang skrywe)!!!
MD Greyling
|